Rayton se lisensiesentrum ná vyf jaar oop |
|
|
News -
Aktueel
|
Monday, 15 November 2021 13:39 |
Untitled Document
Ná die Raytonse lisensiesentrum vir bykans vyf jaar toe gestaan het, is ’n opgeknapte perseel in Noltestraat amptelik op 18 Oktober geopen. Dié sentrum se dienste strek van die hernu van bestuurslisensies, die aansoek en toets vir bestuurs- en leerlingslisensies en die registrasie en lisensiëring van voertuie.

Die opgeknapte lisensiesentrum is in Noltestraat, Rayton
Bron: Google Maps
Die oorspronklike lisensiesentrum by die munisipale kantore op Rayton het in Desember 2016 sy deure toegemaak en mense moes by die Bronkhorstspruitse of Waltloo-sentrum vir hulp aanklop.
Voor die lisensiekantore toegemaak het, is dienste op twee verskillende persele gebied. Alle dienste is nou op een perseel.

Die opening van die lisensie-sentrum op 18 Oktober
Foto: Verskaf
Die sentrum spog met ’n ruim openbare wagkamer, gratis Wi-Fi, veilige parkering, ontvangs en ’n klantedienstoonbank. |
|