PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 21 September 2009 14:32
Untitled Document

Boschkop se polisiestasie het ’n reeks kaarte beskikbaar gestel om te wys waar dié stasie se polisiëringsgrense is.

Die grense word aangedui in bruin en sluit die volgende gebiede in: Zwavelpoort, Tiegerpoort, Mooiplaats, Boschkop, Kleinfontein, Die Wilgers, Zwartkoppies, Tweefontein, Silver Lakes Gholf-landgoed, Six Fountains landgoed, Silver Stream Landgoed, Tijger Vallei, Newmarket Landgoed, Lombardy Landgoed, Willowbrae, Willow Acres Landgoed, Donkerhoek, Rhenosterfontein, Tweedragt, Zwartkoppies, Pienaarspoort, Olympus, ’n deel van Rietfontein, Mooikloof, ’n deel van Klipkop en Resurgan.

Boschkop Polisiestasie grens met Garsfontein Polisiestasie se polisiëringsgebied in die weste, Silverton Polisiestasie in die noordweste, Cullinan Polisiestasie in die noorde, Bronkhorstspruit Polisiestasie in die ooste en Welbekend Polisiestasie in die suidooste. In noodgevalle, skakel 10111. Bel Boschkop Polisiestasie by 012-802-0909 of stuur ’n faks na 012-802-1085.


Die Boschkopse polisiestasie se polisiëringsgrense word in bruin aangedui waar dit grens met Garsfontein Polisiestasie se grense in die weste, Silverton Polisiestasie in die noord-weste, Cullinan Polisiestasie in die noorde, Bronkhorstspruit Polisiestasie in die ooste en Welbekend Polisiestasie in die suid-ooste.


n Gedetailleerde kaart waar daar onduidelikheid was oor die grens tussen Boschkop en Garsfontein se polisiëringsgrense in die Wilgers / Equestria omgewing.

 

© 2019 Die/The Bronberger