Weerligstrale tref gebied |
|
|
News -
Ons Omgewing
|
Saturday, 16 October 2021 06:06 |
Untitled Document
’n Donderstorm op 30 September het ’n urelange skouspel van weerlig en dreuning dwarsoor die ganse Bronberg-gebied veroorsaak.
Die weerligstraal en sy vertakkings oor Rayton
Leona Langeveldt van Rayton sê dat die weerligstrale haar erf nie direk getref het nie, “maar klein blitsies het wel my grasdak geraak en selfs die swembad getref. Hulle was darem nie skadelik nie,” sê sy.
Kleiner straaltjies tref die swembad en tuinmeubels
Die foto’s is deur Eduard van Greunen, wat met sy selfoon byderhand gestaan het, geneem. |
|