Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 17 September 2021 07:25
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Die Proteafees word die langnaweek van 24 tot 26 September daagliks vanaf 9 vm by Legends MX op die R515, Rhenosterfontein gehou. Plaaslike proteaboer, Japie van Staden, staan reg met raad as jy jou eie protea wil plant. Die opelug verhoog sorg vir vermaak deur top kunstenaars, terwyl daar gesmul kan word aan eetgoed soos vetkoek, kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies, melkkos, pap en kaiings, hamburgers en poedings. Daar is ’n wyntuin en biertuin en ’n verskeidenheid kraampies. Ouers kan hulle kleingoed in ’n speelarea onder toesig laat terwyl hulle rustig deur die kraampies stap of ’n teatervertoning bywoon. Daar is ook kampeergeriewe met ’n ablusieblok op die drumpel van die feesterrein. Koop jou toegangskaartjies by http://www.proteafees.co.za of by die toegangshek. GPS Koördinate S25 49,890. E28 32,333.

~*~


Jo Black is op 2 Oktober vir die eerste keer by Simbali, Tierpoort met al sy grootste treffers soos ‘Skepe’ en ‘Bring die Hoop weer terug’. Geniet die “happy hour” van 3 nm tot 5 nm by dié plek se boskroeg. Daar gaan verskeie koswaentjies wees, grasspeletjies word aangebied of mense kan ontspan in die buitelug kuierareas. Die vertoning skop om 6 nm af en kaartjies kos R300. Vir meer inligting, skakel 072-323-8749 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


’n Boer maak ’n plan en by Sakeliga KragDag, wat op 14, 15 en 16 Oktober van 8 vm tot 5 nm gehou word, gaan hulle jou presies wys hoe. Deur interaktiewe uitstallings, produkdemonstrasies en opvoedkundige lesings en aanbiedings het besoekers die geleentheid om inligting te bekom, selfbehoudoplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem. Vanjaar maak Sakeliga KragDag voorsiening vir 450 uitstallers op die 4,6 hektaar ekspo terrein. Daar is ’n opvoedkundige sub-ekspo en landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA. Hekgelde is R100 en kinders tot op 18-jarige ouderdom gaan gratis in. Deur vooraf te registreer kry jy 100% afslag. Besoek www.kragdag.co.za. Die ekspo is by Diamantvallei Landgoed op Rhenosterfontein.

~*~


You can learn how to build your own bird house at a CRAFTher workshop on 2 October from 9 am to 2 pm at Kungwini Welfare Organisation, Lynnwood Road extension, Zwavelpoort. The workshop is presented by one of the residents, Willem Kruger, and costs R200 per person. Refreshments and all materials will be provided. To book your space, contact Maruné Martiz at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 074-911-0006.

~*~


Georgetown Band en The Moonies tree op 3 Oktober om 3 nm op by Monte de Dios, plot 106 Achillesweg, Zwavelpoort. Geniet ’n Sondagmiddag in die buitelug of onder die koepel-tent met koskraampies en ’n kontantkroeg. Kaartjies kos R180 en kinders onder 12 gaan gratis in. Die vertoning gaan verfilm word, danksy Concerts SA en die NAC PESP-fonds. Vir meer inligting, skakel 012-880-2635.

~*~


Cullinan Dorpmark, ’n mark vir alles en nog wat op die hoek van Mainstraat en Oaklaan, word van
9 vm tot 3 nm aangebied op 25 en 26 September, 9 en 10 Oktober en 23 en 24 Oktober. Die mark bied ’n platform vir gemeenskapslede om alles tuisgemaak, tuis-gegroei, kuns, handwerk, klere, antieke ware en versamelaarsitems te verkoop. Vir meer inligting, bel Maritza Oosthuizen by 076-496-8378.

~*~


Geniet ’n naweek op die plaas by Willem Prinsloo Landboumuseum se buitelugmark op
24 September. Vat jou piekniekmandjie en kleingeld saam om plaaslike mense te ondersteun. Verskeie vars en plaaslik vervaardigde produkte word verkoop om ons omgewing se mense in die moeilike tyd waarin ons almal swaarkry, te ondersteun. Kinders kan die diere voer en na storievertellers luister. Boeresport en ander speletjies word aangebied en plaaslike talent bied musieklike vermaak. Bespreek vooraf vir ’n vroegoggend voël-uitstappie saam met ’n kenner – ligte ontbyt ingesluit. Oornaggeriewe en kampering is beskikbaar op bespreking. Skakel 012-736-2036.

~*~


Die volgende Cullinan Boeremark is op 24 en 25 September van 9 vm tot 3 nm by die Premier Hervormde Kerk op die R515, oorkant die Cullinanse landdroshof. Daar is kraampies met tuisgemaakte en tuisgebakte spyse, kuns en handwerk en vermaak vir kinders. Bel Danie Booysen by 082-926-4326.

~*~


From haunted buildings and poltergeist phenomena to a pub stop, ghost hunting cell phone app, dowsing rods and entering a graveyard with a thrilling visual climax – this is what Cullinan’s Mystery Ghost Tour on 25 September offers you. The tours, hosted by Mark Rose-Christie, are from 4 pm to 8.30 pm, long before curfew, and there are plenty of guest houses if you want to enjoy all there is to see and do in this tourist town the next day. All details, prices and bookings are at www.MysteryGhostProductions.co.za.
 

© 2024 Die/The Bronberger