Leserslens Augustus 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 20 August 2021 10:38
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Vroeg uit die wintervere was `Alet Erasmus om dié toneel vanaf Kleinfontein te neem


’n Entjie se stap in die winterveld lewer onverwagte juweeltjies op, sê `Alet Erasmus


Gene de Lange van Shere sê hy het al gesien hoe mense hulle honde die toertjie leer om ’n hondepil op die neus te balanseer, dit die lug in op te skiet en dit dan vernuftig te vang. Nou ja, sê Gene, hy het nie honde nie . . .


’n Opperste agie, noem Elize Mare Verwaaij hierdie lammetjie wat sy opwagting in die Dinokeng-gebied gemaak het


Afgeëts teen die diepblou agtergrond van ’n wolklose wintersdag vertoon dié kakelaar
sy eie pragtige perskleurigheid
Foto: Emma Koekemoer


Die donker wolke hang ook oor die gebied in Cullinan se omgewing, het Eus de Clerk oor dié foto gesê in die week van plundertogte in die land


Altie Potgieter het dié sonsondergang in die bosveldwêreld van Boekenhoutskloof vasgevang


Johan Pretorius sê dit was duidelik dat dié koedoe tevrede gevreet was toe hy die bul op Stillbosch-wildreservaat afgeneem het


Herculas van Tonder het gekyk hoe dié kwêvoël aan bessies op Klipfontein weglê


Hermann Grobler het dié vulletjie-op-’n-drafstap by Rietvlei voor die lens gekry


Dit lyk behoorlik of dié (jong?) bruinkopvisvangertjie lelik omgekrap is oor hy onwetend met water of wind te doene gekry het
Foto: Albert Bester


Emma Koekemoer het hierdie uitsonderlike wintertoneel op ’n wildsplaas in die omgewing geneem

 
 

© 2024 Die/The Bronberger