Hier word drome op die planke gebring Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 21 September 2009 16:19
Untitled Document

Elsabé Maré

Gert Swart se ideaal, dat leerders ’n droom moet hê en ’n datum daarby moet sit, het aanleiding gegee tot die revue, Droomvanger. Leerders, ouers, onderwysers en skoolhoof van die Gekombineerde Skool Cullinan het saamgewerk in ’n geratte masjien om nege vertonings in een week aan te bied.

Dit was opvallend dat deelnemers, soliste en kore genot uit hulle optrede geput het. Die gehoor het deelnemers telkens spontaan aangemoedig, want hulle vertolking van gewilde musiek was sodanig dat almal dit kon deel.

Produksies soos ‘I have to break free’, ‘Drie Susters,’ ’no matter what’, ‘My sussie jol die jukeboks’ en die slotitem - ’I have a dream’ - het die gehoor op ’n droomtoer geneem.

 

© 2020 Die/The Bronberger