Jong man oorlede Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 20 August 2021 10:23
Untitled Document

Die gemeenskap van Zwavelpoort is diep geskok toe een van die gebied se bekende jong inwoners, Arnold de Beer, verlede maand oorlede is.

Arnold was die seun van Irmela en Tjoeks de Beer wat baie jare reeds die onderneming, Star Trading, in die gebied bedryf.


Arnold de Beer
Foto: Verskaf

Arnold het later ook nou betrokke by die bestuur van die uitgebreide winkel (Savemor) en drankwinkel geraak. Hy sal deur die gemeenskap onthou word as ’n vriendelike en behulpsame jong man.
Arnold laat ook sy vrou, Jean Mari, en suster Angelika agter.

 

© 2025 Die/The Bronberger