’n Nuwe mark, die Groen Vingers
Sondag Kontreimark, het op
6 September by Watercrest in
Lynnwoodweg-verlenging, Klipkop
begin. Dié mark word weekliks op ’n
Sondag van 9 vm tot 2 nm aangebied
en spog met temas soos ’n
holistiese Sondag, ’n troeteldiervriendelike
Sondag, ’n uitvoerende
kunste Sondag en ’n Sondag vir
motorfietsryers.

Lekker vars plaasprodukte uit
Bronberg-bodem
Behalwe vir die temas is daar elke
Sondag ’n vars produkte- en kosmark,
‘paintball’ langs die rivier, ’n
biertuin, wyntuin met kaas-en-wyn
proe, braaivleis, perdritte, pryse om
te wen, ’n karwas en goeie sekuriteit.
Dié mark is vir families; kinders en
honde is welkom en daar is hondeopleiding
op die perseel beskikbaar.
Besoekers word gevra om hulle
honde asseblief aan leibande te
hou.
Op Sondag 6 September was daar ’n
potjiekoskompetisie wat gewen is
deur Marius en Carol Engelbrecht.
Volgens organiseerders het dié kompetisie
soveel aftrek gekry dat hulle
nou meer gereeld aangebied gaan
word. Die volgende kompetisie is ’n
somer potjie en dié keer gaan
besoekers self besluit wie as die
wenner aangewys moet word.

Marius en Carol Engelbrecht was die wenners van die potjiekoskompetisie |

Besoekers aan dié mark kan
verversings geniet op die stoep |
Demonstrasies word gereeld gehou
soos die krygskuns opvoering op
6 September en die hondeskou op
13 September. Op Sondag 20 September
gaan daar dansopvoerings
wees wat strek van ballet tot hip
hop en Salsa. Daar’s ook ’n Lexus
karskou en Klitsgras Tromsirkel se
‘Alter Native’ groep tree op. Op
Sondag 27 September is daar ’n
Harley Davison motorfietsskou met
allerhande motorfietsbykomstighede
wat te koop aangebied gaan
word.
Watercrest se GPS koördinate is
S 025:54:00:8, O: 028:26:55:8. Vir
meer inligting oor die potjiekoskompetisie,
bel vir Hannah by
071-125-2983. Om ’n stalletjie te
bespreek, bel vir Altie by
078-229-8809.

Perdry is mos eie aan ?n landelike mark |

Krygskuns opvoering |
|