Honderde motorfietsryers het op Sondag 6 September die pad
vanaf Menlyn deur die Bronberg-gebied gevat op ’n pretrit
ten bate van ’n kinderhuis. Die roete het by Rafters Pub & Grill
naby Mooikloof tot ’n einde geloop en toe is daar behoorlik
gekuier. Agt uitsoek-orkeste het vir die vermaak gesorg. Hier is
Gideon van Zyl en sy groep, Murg, aan die beurt.
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za