Kenners help reservaat rehabiliteer Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 21 May 2021 03:01
Untitled Document

Kenners het Moreletakloof-natuurreservaat in April besoek om skade, wat aangerig is toe ’n geblokkeerde rioolpyplyn oopgemaak moes word, te help herstel.

Karen Botes, ’n dosent aan die Universiteit van Pretoria, het kenners in vleilande en grasse saamgeneem om planne te maak vir die rehabilitasie van die beskadigde deel van die Rademeyer-roete. Derdejaarstudente van die departement van argitektuur en ander departemente, vanaf die fakulteit van ingenieurswese tot informasie tegnologie, sal dié projek saam aanpak.


Studente en kenners by ’n deel in die reservaat waar niks wil groei nie, omdat bogrond verwyder is toe ’n hoof rioolpyplyn reggemaak is
Foto: Facebook

Plantegroei en bome is verwoes toe trekkers die hoof rioolpyplyn in modderige toestande moes oopmaak. Baie van die riool het opgedam en in die vleilande van Moreletakloof beland. Twee fonteine is ook met die uitgrawings oopgemaak en die riool het nou en dan vir bykans 75 dae gelek.

 

© 2024 Die/The Bronberger