|
Generasies geliefdes behou só kontak |
|
|
|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 21 May 2021 03:00 |
Untitled Document
Wie het nou gesê dat tegnologie net vir die jongklomp is? Die 90-jarige Anna Oelofse van Wag-’n-Bietjie op Kleinfontein span tegnologie in om kontak met drie generasies geliefdes te behou.

Oumagrootjie Anna Oelofse
Foto: Wilma Celliers
Betsie Steyn vertel dat tannie Anna, wat by haar woon, se seun, Frikkie de Jonge, in Dubai is en haar elke Sondag per e-pos kontak. Hy stuur dan ook foto’s en video’s van hulle kleindogter vir oumagrootjie.

Agterkleinkind Hayley Taljaard
Foto: Verskaf
Tannie Anna se agterkleinkind, Hayley Taljaard, het in Maart twee jaar oud geword en woon op Pringlebaai in die Kaap. |
|