In Die Bronberger se sewende bestaansjaar moes ons kontrei se mense met
groot hartseer van ’n hele aantal geliefde vriende afskeid neem. Die jaar
word darem nie net gekenmerk deur hartseer nie; ons kyk ook terug na ’n
paar van die besondere mense wat ons aan lesers voorgestel het – van ons
kontrei se atlete, perdrykampioene en kunstenaars, tot sangers, polisiemanne
en selfs monnike
Ons groet
Stil-Henk
In die Septemberuitgawe
verlede
jaar het ons Henk
Zagt gegroet. Henk,
wat onder ‘locals’
as Stil-Henk bekend
gestaan het, is op
25 Augustus 2008 in
die ouderdom van
51 jaar aan ’n
bloeiende maagsweer
oorlede.
Henk was in sy jonger dae in die bankwese en
was sommer nog bloedjonk toe hy bankbestuurder
geword het. |
 |
 |
Eks-vegvlieënier
oorlede
Sam McMurray is
op 8 September
oorlede, berig ons
in verlede jaar se
September-uitgawe.
In Junie
2006 het Die
Bronberger die storie
van dié eks-vegvlieënier
se eskapades
in die
Tweede Wêreldoorlog vertel. Sam se Mooiplaatsbure
onthou hom as persoon wat eerste daar
was om te help vuurslaan, plaaspaadjies reg te
maak of sommer, net so terloops, jou boorgatpomp
te maak werk. |
Tuisskolers se kaskenades
In Oktober 2008 het ons gewys hoe ouers van
die Bronberg-omgewing se tuisskolers deelneem
aan hulle eie jaarlikse sportdag en in die proses
?n plaas of drie koop. Daar was digby ?n 100 inskrywings
van kinders so jonk as drie jaar tot ouer
as 17 jaar. Die items waaraan deelgeneem kon
word was naellope, landloop, verspring en
gewigstoot.
|
|
In memory
of Lance
In October last
year we said
goodbye to
Lance Baillie,
manager of
Rafters Pub and
Grill. Lance
tragically died
on 2 October
after a few days
in a coma following
a car
accident.
He was a well-known member of our society and
always game for a good night out on the town. |
|
|
Mooi loop,
ou Schef
Schef Scheffer
is op Vrydag
19 September
in die ouderdom
van 44
jaar aan ’n
hartaanval
oorlede, berig
ons verlede
jaar Oktober.
Baie mense
het Schef leer
ken toe hy en
Arna Langa Voere in die Zwavelpoort-sentrum
bedryf het en ’n kleiner tak in Atterburywegverlenging.
Schef was vroeër ’n offisier van 32
Bataljon waar hy sy troepe in Angola se bosse
aangevoer het. |
Groot
boeredag
vir die
klein boer
Die sesjarige
Cloete Oosthuizen
het in
ons Novemberuitgawe
by ’n
Tuli bul van
Lekkerlagstoetery
Ha! Ha! Ha!
van Hennie Brisley, Hendrik Verwoerd en HP
Steyn gepryk. Cloete was die hanteerder van die
bul op die Landboukorrels Boeredag wat in
Oktober by die Cullinan Boere-Uniesaal aangebied
is om die klein boer en hoewebewoner te
help om die beste waarde uit hulle grond te kry.. |
 |
 |
Perde
help kinderhuis
wesies
Annemarie
Towsen het
in ons Desember
2008 uitgawe
vertel
dat sy werk
met engele vermom as eens verhongerde perde
wat kan uitreik na die harte en siele van eens verhongerde
en gebroke kinders. Annemarie en haar
viervoetige reddingsgevalle werk met kinders van
die Louis Botha tehuis. Sy het gesê dat dié perde
baie meer met die kinders bereik het as wat jare
se individuele psigologiese terapie kon. |
Charl vang ’n krokodil
Met die eerste
uitgawe van 2009
het lesers gehoor
dat Charl van der
Merwe ’n krokodil
in die Zwavelpoortspruit
gevang
het. Toe
Charl laat in verlede
jaar ’n reuse
vanghok begin
bou om die krokodille,
wat maai
onder die vis in sy
foreldam, te
vang, het almal
vir hom gelag. Hy
het dié hok in die dam gestel en in die tweede
week van die nuwe jaar, ná een byna katastrofiese,
mislukte poging, het hy ’n uitgevrete Nyl krokodil
van by die twee meter lank, agter tralies
gehad. |
 |
 |
Sketse uit ’n
lang en ryk lewe
In ons Januarie uitgawe
het lesers Shere se Oom
Hoffie ontmoet, ’n 95-
jarige wat steeds daagliks
skilder en een van die
eerste huise in Shere met
sy eie hande gebou het. Hy het vertel van sy sewe
jaar in ’n interneringskamp in die Tweede Wêreldoorlog
waar hy ’n viool met ’n knipmes uit ’n stuk
tafel gemaak het. Dié en ander avonture is vervat
in sy outobiografie, “Skizze eines lange Lebens”
(sketse uit ’n lang lewe) deur Georg Hofmann. |
Totsiens aan
organiese boerin
In Februarie het ons berig
dat Zwavelpoort se organiese
boerin, Marguerite
Alant, op 21 Januarie in
die ouderdom van 70 jaar
na ’n lang siekbed oorlede
is. Lesers het Marguerite
leer ken toe haar organiese
Ille de France skaapboerdery
in Zwavelpoort die fokus van ’n Julie
2003 artikel in Die Bronberger was. Ons het vertel
hoe sy haar skape se voer self aanplant en die
grond deeglik vir dié aanplanting voorberei. Daar
is geen kunsmis op Marguerite se plot gebruik nie
en ook geen voer-wat-uit-’n-sak-uitkom nie. |
 |
Bashewa se
spog-atlete
Bashewa is die
tuiste van ’n baie
suksesvolle spannetjie
padwedloop-
atlete wat
besig is om groot
naam te maak in
atletiekkringe, berig
ons in Maart.
Daar gaan omtrent nie ’n week verby wat spanlede
nie een van die padwedlope, wat reg oor die
land gehou word, wen nie. Karin van der Walt het
Bashewa Atletiekklub twee jaar gelede gestig
met die hulp van haar dogter, Yuzelle, en hulle
buurman, Timothy Ratshilavhi. Op die foto pryk
Ronel Thomas, Johan Buys en Yuzelle van der
Walt.
|
Sy skilderye
wys wie hy is
Kunstenaar Johan
Marais van Woodlands
het in ons
April-uitgawe verduidelik
wat skilder
vir hom beteken. Hy
fokus op stillewes
en landskappe en sy
voorkeur is om helder,
vars kleure te
gebruik wat ’n impressionistiese gevoel aan die
werk gee. Johan het verduidelik dat sy doel is om
uitdrukking te gee aan wie hy is en hoe hy die
wêreld rondom hom sien. Wat hy bowenal wil hê
is dat sy werk duidelik moet uitstaan van die werk
van ander hedendaagse kunstenaars.
.
|
|
|
 |
From trauma to victory
In our March edition, readers met a man who
escaped the cycle of violence, abuse and humiliation;
someone who went from childhood trauma
to become an adult motivational consultant;
someone who not only lived to tell the tale, but
made it his mission to help others. Edgar Smith,
who lives just outside
Cullinan, wrote ‘The
Guarantee’, a book which
tells readers how he went
from rags to riches, from
trauma to victory. |
Ons kry ’n nuwe
kommissaris
In Mei vanjaar berig ons dat die Boschkopse polisiestasie
’n nuwe bestuurspan gekry het. Supt J G
The-Kisho, wat voorheen hoof van misdaadvoorkoming
by die Brooklynse
polisiestasie was, het ons
nuwe stasiekommissaris
geword. In Augustus
berig ons dat The-Kisho
die misdaad-sindikaat
aangekeer het wat verantwoordelik
was vir ’n
reeks insidente in die
Shere, Mooiplaats en Boschkop-gebiede. |
 |
Kampioene
in ons
kontrei
In Junie spog ons
met die feit dat
Bronbergse Arabierperdtelers
’n
weghol sukses
gehad het in die
Nasionale Arabierperd
Kampioenskappe
vir 2009.
Dié kampioenskappe
is van 28 April tot 2 Mei by die Afridome
in Parys, Vrystaat gehou en deelnemers van oor
die hele land asook telers vanaf Namibia het aan
die skouspel deelgeneem. Ons kontrei se Arabierperdtelers
het berig dat hulle baie trots is op al
hul Bronbergse ruiters.
|
|
Michelle se
nuwe album
In Julie vertel ons dat Silver
Lakes se Michelle van Staden
onlangs haar Afrikaanse
debuut-album, met ou
Afrikaanse goues en twee
van haar eie liedjies, uitgebring
het. Sy het begin
naam maak met optredes
wat strek van ’n musiekblyspel
en opera tot kontemporêre
gala geleenthede,
huldeblyke en as lid van die Fantastic 4.
Lesers sou haar dalk herken as Estie, die klein rolletjie
wat sy verlede jaar in 7de Laan gespeel het. |
 |
 |
Van krygsgevangene tot
verering
Bronbergers vind in ons Julie-uitgawe uit dat die
bekende kunstenaar, Eduardo Villa, in die Tweede
Wêreldoorlog ’n Italiaanse krygsgevangene was
by die Zonderwater Krygsgevangenekamp net
buite Cullinan. Eduardo is in 1949 uit die kamp
ontslaan en het gekies
om in Suid-Afrika te bly.
Hy het sedertdien 35
solo-uitstallings gehou
en vanjaar, in sy 94ste
jaar, het die Universiteit
van Pretoria sy 36ste
solo uitstalling ter ere
van Eduardo en sy
vroeëre werk aangebied. |
 |
Monks help
the poor
Readers met Nan
Hua’s Buddhist
monks in our
June edition.
Representatives
from the Nan
Hua Temple
handed emergency
rations to the
inhabitants of
plot 45 Pienaarspoort with the help of Boschkop
police officers. We explained how this temple in
Bronkhorstspruit came to life as a result of the
town’s chief executive, Dr Hennie Senekal’s 1991
visit to Taiwan. |
Veilige hawe
op Rustfontein
Lesers hoor in Julie vir
die eerste keer van die
plaas Rustfontein
waar die welsynsorganisasie,
African
Blessings, probeer om
’n beter lewe te skep
vir weeskinders – nie
net die menslike soort
nie, maar ook vir perde
en donkies. Daar is ’n perdereddingsentrum,
kostuine ’n kunssentrum en, danksy fondse uit ’n
onlangse kompetisie, is hulle nou besig om die
Jochebed Kinderhuis te bou. Op die foto is Rita
Edkins, voorsitter van African Blessings, en haar
man Brian, een van die direkteure. |
 |
 |
Bob is
doodgeskiet
In Augustus berig ons dat
Bob Round, ’n bekende
inwoner van Shere wat
alles in die stryd gewerp
het om teen misdaad te
baklei, op sy plot, ná ’n
geveg met drie rowers
doodgeskiet is. Bob was
vir ’n paar jaar voorsitter
van die Boschkopse Gemeenskapspolisiëringsforum
(GPF). In ’n berig oor die GPF wat in Die
Bronberger van Augustus 2004 verskyn het, het
Bob gesê: “Ek weier om ’n slagoffer te wees, en
ek doen my bes om seker te maak dat dit nie met
my of my mense sal gebeur nie.” Dié woorde bied
dalk ’n verduideliking aan diegene wat nie kon
verstaan hoekom ’n 79-jarige man drie rowers
eiehandig getakel het nie. |
|