’n Blink, rooi gevaarte met die
bynaam van die ‘beast’ is deesdae
besig om klaar te speel met
menige veldbrand in die Bronberggebied.
Die ‘beast’ is ’n seswielige Land
Rover wat omskep is in ’n moderne
en doeltreffende brandweerwa wat
vir geen vuur hoef terug te staan
nie.
Dit word bedryf deur lede van die
Mooiplaats Veiligheids Inisiatief
(MVI) en behoort aan British 4X4
wat ook in Mooiplaats gesetel is.
Vuurwa
Mike Strange van die MIV vertel dat
hy die rooi vuurwa by British 4X4
sien staan het en op ’n dag besluit
het om hulle te nader. Jonathan
Caywood van British 4X4 het sonder
om te skroom die vuurwa op bruikleen
aan die gemeenskap beskikbaar
gestel.
Jonathan het die vuurwa in
Botswana raakgeloop en aangeskaf.
En in die afwesigheid van enige noemenswaardige
munisipale
brandweerdiens het die ‘beast’ in
hierdie brandseisoen
sy staal behoorlik
getoon.
 Mike Strange van die MIV by Mooiplaats se ?beast?
Kragtig
Tientalle veldbrande
wat oor ’n wye
gebied strek het al
met die ‘beast’ se
kragtige pompe en
groot houertenks te
doen gekry en die
brandweerwa is ook
al teen ’n huisbrand
ingespan.
In een week het die
wa elke dag ’n brand
help blus en op die
Vrydag van daardie
week sommer drie,
sê Mike. Hy vertel dat
die kleingoed van die
omgewing gaande is
oor die rooi gevaarte. Dit is mos
amper elke kind se droom om
eendag ’n brandweerman te word.
Dit was ook een van sy drome,
skerts Mike, en nou het dit so
wragtie ’n werklikheid geword.
Conserv
Tot dusver het hulle gehelp waar
hulle kan, maar iewers moet ’n ou
die streep trek, sê Mike. Daarom is
besluit om die diens voortaan
beskikbaar te stel aan inwoners wat
by Conserv, ’n oorkoepelende veiligheidinisiatief
in die gebied,
inskakel.
Vir inligting oor Conserv kan Breytie
Breytenbach by 012-802-1532
gekontak word. |