Sterkte aan pom-pom vegters Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 March 2021 04:28
Untitled Document

Gert Pretorius van die Bronberg-gebied:
In die Februarie-uitgawe van Die Bronberger het u berig oor Rietvlei se pom-poms. Ek sit, helaas, hier by my ook met die probleem. Maar om die blomme af te pluk en te vernietig, los net ’n deel van die probleem op.

Hierdie indringerplante stoor ook voedsel in hulle wortels. Dit stel hulle in staat om droogtes en brande te oorleef. Ek grawe ook die wortels uit wat na uitdroging verbrand word. Daar lê letterlik duisende sade om elke plant wat ’n jaar of ouer is. 

Sterkte aan die vegters teen pom-poms. Miskien wen ons die oorlog.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger