Leserslens Maart 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 19 March 2021 04:51
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Albert Bester het dié geelbek bosduif naby Rayton raakgeloop, waar hy maar min gesien word. Mense verwar dikwels die algemene kransduif met die skaarser bosduif


Wolke wat in verskillende skakerings van blou deur die sakkende son geverf word
Foto: `Alet Erasmus


Dié keer nie deur die ‘lens van ons lesers’ nie, sê Eus de Clerk, maar deur die lens van sy leesbril


Vanjaar is die sku spookvoël gereeld in ons gebied gesien. Hy word gewoonlik gehoor, maar dis selfs vir ervare voëlkykers ’n gespook om hom onder die oog te kry. Baie lesers, soos Antoinette Coetzee, het egter die spookvoëls hierdie jaar dikwels gesien


“Die kleure begin nou vinnig verander,” sê Gene de Lange van Shere oor dié foto wat hy van ’n rooivink geneem het


Ria Pieterse het op die laaste dag van Februarie op die stoep van hulle plaashuis naby Kleinfontein gesit en kyk hoe die son sak


’n Vasberade volstruismannetjie stap doelgerig verby geveerde vriend slanghals op pad dam toe. Die oomblik is deur Johan Pretorius op Stillbosch in die Klipkop-gebied vasgevang


Dié twee troupante is deur Herculas van Tonder van Klipfontein verewig


Riaan Jacobs sê dat hy nuut is in die omgewing en 2 km van Ezemvelo Natuurreservaat af woon. Hy geniet dié andersoortige lig wat voor ’n storm op die paaie geval het


Die kortvolk kan nie vir ’n veel lekkerder speelplek vra as wat goeie reën verskaf nie
Foto: Emma Koekemoer


Belinda van Wyk Hattingh het haar verkyk aan dié vreemde ‘blaargogga’ in haar tuin. Die Bronnie het in Mei 2016 ’n volledige storie oor dié hottentotsgot-spesie gepubliseer


Altie Potgieter het dié bosbokkie in die groen omgewing van die Moreletakloof-natuurreservaat raakgeloop


Buks Barnard sê hy het die natuur se ‘wondermooi’ weer ervaar toe donker donderwolke laat in Februarie nader beweeg terwyl sy grond, Vierkleur op Elandshoek, nog in sonlig getooi was


Kordaat en omgesukkel, is dié kuifkophoutkapper wat deur Albert Bester afgeneem is

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger