Natuurbewaringsamptenare het in Februarie bevind dat daar min inheemse visspesies in die Rietvleidam oor is. Die meeste visse wat in ’n navorsingsprojek met nette gevang is, was baars en karp.
Dié navorsingsprojek het in Augustus verlede jaar afgeskop en studies is ook gedoen by Bronkhorstspruitdam, Strubendam, Austen Roberts Voëlpark en Kudubedamme om ’n databasis van inheemse en eksotiese visspesies op te stel.
Vissies in die net
Raadslid Dana Wannenburg van Stad Tshwane se Omgewing- en Landboubestuur het in ’n mediaverklaring gesê dat die baars en karp wat gevang is verwyder is en met inheemse spesies, soos geelvis en verskeie subspesies van Tilapia, vervang is.
Hy het gesê dat die projek se doel nie is om alle eksotiese visspesies te verwyder nie, maar net genoeg om die druk op inheemse visse te verminder.
Navorsers met nette by Rietvleidam
Foto’s: Verskaf
Baars is ’n roofvis en die omvang van hulle verspreiding het ’n nadelige invloed op inheemse spesies soos die kurper en geelvis. Karp is nie roofvisse nie, maar hulle het ’n beduidende impak op die ekostelsel. Hulle verdring inheemse visse en het ’n impak op waterkwaliteit. Dana sê dat hulle voedingstofvlakke, wat blou-groen alg laat floreer, verhoog
|