News -
Aktueel
|
Friday, 19 March 2021 04:41 |
Untitled Document
Die 299.3 karaat diamant wat in Januarie by die Cullinanse diamantmyn gevind is, is vir $12.18 miljoen aan Stargems DMCC verkoop.
Die diamant het ’n prys van $40,701 per karaat behaal, wat die $34,386 per karaat van die 424.89 karaat ‘Legacy of the Cullinan Diamond Mine’, wat in Mei 2019 behaal is, oortref.

Die 299.3 karaat diamant
Foto: Verskaf
Dié ongewone tipe 11a wit juweel-kwaliteit diamant dra by tot die sukses van ’n historiese diamantmyn, wat al wêreldbekende diamante opgelewer het.
Richard Duffy, hoof uitvoerende beampte van Petra Diamonds, sê dat dié transaksie volg op die verkoop van die Letlapa Tala-versameling in November 2020 en ’n verdere onderskrywing is van die kwaliteit van die uitsonderlike stene wat in dié myn gevind word. |
|