’n Boer maak ’n plan Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 19 March 2021 04:39
Untitled Document

Laerskool Witpoort kon op 4 Maart onder baie streng maatreëls interhuis atletiek hou. Weens Covid-19 protokol kon geen ouers die skoolgrond betree nie.


Toeskouers het plan gemaak om die atletiek te kan dophou
Foto: Laurette van der Vyver

’n Boer maak ’n plan en ondersteunende ouers het die atletiek vanaf jagvoertuie op die buurplaas dopgehou. By dié plaasskool maak die oop vlaktes voldoende sosiale afstande baie maklik moontlik.

Kinders van graad R tot graad sewe het in die Tarentaal- en Fisantspan aan atletiek deelgeneem.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger