Verdagtes in hegtenis geneem Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 19 March 2021 04:37
Untitled Document

’n Deurbraak is gemaak ná ’n rooftog op 21 Februarie by ’n winkel in die Silver Lakes-omgewing en agt mense is in hegtenis geneem.

Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Mathapelo Peters, is dié agt tussen die ouderdom van 26 en 39 jaar by ’n huis in Mphoastraat, Nellmapius opgespoor. Met die soektog het beamptes op sweetpakke, rugsakke, skoene en twee selfone met ’n totale waarde van R382 000 beslag gelê.


Goedere waarop beslag gelê is
Foto: SAPD

Die beamptes het ook op vyf voertuie, wat vermoedelik in die rooftog gebruik is, beslag gelê sowel as ’n pistool, wat intussen as gesteel bevestig is, en ammunisie vir verskillende vuurwapens.

Die verdagtes het vroeg in Maart in die Mamelodi-landdroshof verskyn en staan tereg op aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen en vermoedelik gesteelde eiendom. Die provinsiale ondersoekeenheid ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes met ander sakerooftogte in Gauteng verbind kan word.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger