Groot verrassing Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 March 2021 04:28
Untitled Document

Maritha Theron van Cullinan:
Groot was die verrassing toe ek vandag die Januarie-uitgawe lees en die artikel oor oom Bossie raaklees.

As oud-Volkskas personeellid lê die bank my baie na aan die hart – in so ’n mate dat ek ’n FB-groepie geskep het, ‘Volkskas Memorabilia’, waar ek al my goedjies wat ek deur die jare by Volkskas gekry het, ten toon stel. Ek het ook ander lede genooi om hulle herinneringe te plaas.

Ek het ongelukkig my oom Bossie-foto, wat ek nog by die bank gekry het, verloor en dit was ’n groot ongelukkigheid vir my. Navorsing op die internet het nie veel opgelewer nie. Miskien is die Afrikaner skaam vir die beste bank wat SA nog gehad het.


Spaarbussies op Maritha se FB-groep

Nou wil ek vriendelik u goedkeuring versoek om uittreksels uit die artikel met erkenning aan Die Bronberger op my groep te plaas. Ek sou ook graag van die foto’s met erkenning aan die bronne wou plaas.

Tot dusver het ek net foto’s van ander lede sowel as foto’s van my eie van die goed wat ek deur die jare bymekaar gemaak het, geplaas. Ek sal dit verskriklik waardeer indien ek u goedkeuring kan ontvang.

Ons het Maritha laat weet dat sy welkom is om die inligting met erkenning aan Die Bronberger te gebruik. Sy het so gemaak en het terug laat weet dat die lede baie beïndruk is met die artikel. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger