Sukkel jy ook met ’n pyplyn kontrak? PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 21 September 2009 13:51

Nelius van Tonder skryf:
Hierdie skrywe rig ek aan alle partye wat geraak word deur die Nuwe Multi Produk Pyplyn (NMPP) van Transnet.

Ek Nelius van Tonder, en my regsverteenwoordiger, Geo Killian, tel: 013-932-2927, e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , het agtergekom dat dit wil voorkom asof Transnet nie hul kontrakte met geaffekteerde grondeienaars nakom nie.

Nie een van Mnr Killian se kliënte in die Transnet/NMPP aangeleentheid se kontrak is tot op hede eerbiedig nie. In die kontrak tussen my en Transnet is lg. reeds sedert Februarie 2009 in kontrakbreuk.

Ek het sedert die kontrakbreuk begin plaasvind het die aangeleentheid mondelings probeer besleg, en sedert die begin van Junie 2009 het ek skriftelik geëis dat hul die kontrakbreuk moet regstel.

In die verband het ek verskeie e-pos skrywes direk aan Transnet, of via my regsverteenwoordiger aan Transnet se regsverteenwoordiger gestuur. Ek en my prokureur het ongeag ons skrywes en sy aanmanings nog geen terugvoer of enige reaksie van Transnet rakende die aangeleentheid ontvang nie.

Ons wil graag van alle geaffekteerde partye verneem of Transnet u kontrak eerbiedig het of nie, en sal dit hoog op prys stel indien u ons dienooreenkomstig kan inlig. Ek hoop die informasie van hoe Transnet vermoedelik handel rakende die NMPP aangeleentheid sal u help om die situasie beter te kan bestuur en dat u u belange daardeur beter sal kan beskerm.

 

© 2019 Die/The Bronberger