Bronberg word verwoes Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 March 2021 04:21
Untitled Document

Henk Bloem van Zwavelpoort:
Ons het baie jare gelede (circa 2002) ontmoet oor Willow Quarries teen die Bronberg, waarna daar ’n hofsaak was, waarvan die resultaat was dat hulle nie verby (of verder suid) van ’n sekere lyn – genaamd die mol-lyn – mog gaan nie. 

Ongelukkig is daar blykbaar deur die owerheid besluit dit was glad nie belangrik nie en hulle mag maar net voortgaan – 100 meter verby die mol-lyn.

Ek wil nabye inwoners vra of hulle ooit hiervan in kennis gestel is? Hulle gaan dus nog 100 meter nader aan jou kom in die volgende paar jare.

Sal julle moontlik bereid wees om ’n bewusmakingsveldtog van stapel te laat stuur om mense hiervan bewus te maak? Terwyl die Bronberg reeds geskend is, moet ons toelaat dat dit nog verder gaan en die berg heeltemal verwoes word?

Besorgdes met inligting word gevra om die Bronnie by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it te kontak. Mense kan ook met Henk kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger