News -
Briewe
|
Friday, 19 March 2021 04:18 |
Untitled Document
Dalein Heyl van Leeuwfontein:
Ek lees in Die Bronberger van Januarie 2021 ’n interessante storie oor die Boereskanse wat strek vanaf Rhenosterfontein tot by Kameelfontein.
Ek het ’n plaas op Leeuwfontein, wat grens aan Kameelfontein se westekant. En hier op van die koppe op ons plaas Bloemendal weet ek van murasies soortgelyk aan die murasies wat julle foto’s van gewys het.
Ek het eers gedink dit was Engelse verdedigingsposte, maar nou klink dit vir my of dit Boere verdedigingsposte kon gewees het.
Julle noem dat Rob Milne ’n slagveldkenner is. Ek sou graag die kenners wou uitnooi om te kom kyk na ons murasies en dalk is dit deel van die geskiedenis waaroor julle pragtige artikel gegaan het.
Ons het Dalein se kontakbesonderhede vir Rob Milne gestuur. – Red |
|