In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Carel Breytenbach het dié vlamlelie, Gloriosa superba, in sy tuin op Kleinfontein afgeneem. Dit is Zimbabwe se nasionale blom en die rooi variant kom nie in Suid-Afrika voor nie, maar wel ’n geel een wat redelik volop op die oostelike helling van die Soutpansberg en op die oostelike helling van die Mpumalanga eskarp groei

Dié twee pylvlekkatlagters geniet die appel by Rea Odendaal van Faerie Glen se
vernuftige voëlvoerplek

Dit lyk of dié brose wese die blommetjie met twee hande vashou
Foto: Herculas van Tonder

Albert Bester het die besige bytjie met haar daaglikse taak in ’n laventelbos vasgevang

Breëbors sit dié rooivink in sy broeitydse gewaad. Jana du Plessis het die foto geneem

’n Toonbeeld van behaaglikheid . . . Simson die leeuhond (rifrug) van Elandshoek se mens, Buks Barnard, sê dat Simson selde of ooit stil sit: Behalwe as ’n mens sy ore krap

Dié opgeskote diederikkie (koek-koek) se biologiese ma het haar eier in ’n vinknes gelê en die egpaar Vink moes bontstaan om die lummel te voer. Bo is hy nog in die nessie en onder moet die voerwerk buitenshuis gedoen word, omdat die nessie te klein word

Foto’s: Emma Koekemoer

Die sonsondergang op ’n onweersdag in die gebied het Laurika van der Linde laat dink aan ’n poort wat na die wolkehemel oopmaak

Die mooi boswêreld van Dinokeng is deurnat gelaat deur die oorvloed reën in Januarie
Foto: Altie Potgieter

Sprekend van die weer wat in groot gedeeltes van Januarie ervaar is, is dié foto van Magda Venter

’n Sopnat landelike paadjie, soos deur die lens van Emma Koekemoer gesien

Vroegoggend in Bronbergland met die son wat in die verte kop uitsteek
Foto: Roxanne Dehon

Groener kan jy Mooiplaats kwalik kry en die rede daarvoor hang weer donker in die lug
Foto: Estelle O' Gallaghan

Die lewe het dié ou boom naby Eus de Clerk se woonplek lankal verlaat, tog bly dit vir hom daagliks ’n plesier om die boom te bewonder

Karin Saffy het dié treffende toneel in die mooi omgewing van Tierpoort voor haar lens gekry

Sy kry gereeld dié likkewaan by ’n dammetjie op Boekenhoutskloof en dit is opvallend hoe vinnig hy die afgelope maande gegroei het, sê Altie Potgieter

“Bows and flows of angel hair and ice cream castles in the air, And feather canyons everywhere, I’ve looked at clouds that way . . .” ’n Deeltjie aangehaal deur Eus de Clerk uit ’n ou liedjie van Joni Mitchell se ‘Both sides Now’ wat hy saam met ’n paar wolkfoto’s gestuur het

Toe die oorvloedige reën water in dié plaasdammetjie laat vloei, het Katherine Du Plessis se honde behoorlik baljaar. Katherine het die foto geneem

Albert Bester het dié foto van die pragtige rooiborsduifie geneem
|