Vrywilligers takel pom-poms by Rietvlei Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 19 February 2021 17:31
Untitled Document

Meer as 50 vrywilligers het op Saterdag 23 Januarie by die Rietvlei Natuurreservaat opgedaag om die indringer onkruid, pom-pom, uit te roei.

Die Elande-span van die Touleier-Voortrekkerkommando het teen 6 vm reeds ingespring om te help. Dié kommando se verkenners kom uit verskeie skole in die Pretoria-oos omgewing.

Vrywilligers het die onkruid se pienk blommetjies afgesny en het 170 afvalsakke daarvan volgemaak. Wanneer die pom-pom blommetjies se saad op die grond val, kan dit ’n grasveld oorneem en veroorsaak dat daar geen weiding vir die diere oor is nie.


Lede van die Voortrekkers se Touleier Kommando roei pom-poms by die Rietvlei Natuurreservaat uit
Foto: Die Voortrekkers - Touleier Kommando

Onkruiddoders wat vir gebruik op pom-poms geregistreer is, is volgens die vrywilligers duur en as jy dit in ’n vleiland gebruik, gaan baie ander plante rondom die onkruid glo ook dood.

Biodiversiteit wetgewing bepaal dat pom-poms uitgeroei moet word. Die Pretoriase stadsraad het verlede jaar R1 miljoen spandeer om dié onkruid te verwyder, maar by Rietvlei het dit so gou terug gegroei dat dit gelyk het asof niks voorheen gedoen is om pom-poms te beheer nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger