Nantes sterf in fratsongeluk in Wilgerivier Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 19 February 2021 17:30
Untitled Document

Nantes de Lange het gesterf ná hy saam met vriende van ’n 34 meter hoë krans in die Wilgerivier naby Bronkhorstspruit, afgespring het.

Die 33-jarige Nantes en sy vriende van Emalahleni (Witbank) het dié avontuur op 30 Januarie aangepak. Almal behalwe Nantes het weer opgekom en die soektog na hom het naarstiglik begin.


Nantes de Lange
Foto: Witbank News

Travis Clark, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Witbank-stasiebevelvoerder, sê dat hulle die Saterdagaand ongeveer 7 nm van die voorval in kennis gestel is en dat die NSRI-reddingspan en plaaslike polisielede na die toneel gegaan het.

Travis vertel dat die gebied in die donker onbegaanbaar was en dat dit die soektog bemoeilik het. Die polisie het die reddingspan versoek om die soektog teen dagbreek die volgende oggend voort te sit.


Polisieduikers by die Wilgerivier waar Nantes de Lange se liggaam gevind is
Foto: Verskaf

Nantes se liggaam is kort voor 10 vm in die water gevind.

’n Nadoodse ondersoek moet die oorsaak van sy dood bepaal.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger