Straatdanser sterf in Die Wilgers Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 19 February 2021 17:29
Untitled Document

’n Dertienjarige seun, wat glo deel was van ’n groep straatdansers wat met kratte by verkeersligte dans, is op 31 Januarie in Die Wilgers doodgery.

Volgens polisiewoordvoerder, ao Duane Lightfoot, het dit ongeveer 9.30 vm op die hoek van Rossouwstraat en Simon Vermootenweg gebeur. Mediese personeel en die motoris wat die voertuig bestuur het, was op die toneel toe die polisie opgedaag het. Die seun is daar dood verklaar.


Die ongelukstoneel
Foto: Noxolo Sibiya

Duane sê dat die omstandighede rondom die voorval nog ondersoek word. ’n Saak van strafbare manslag is oopgemaak.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger