Aangenaam verras Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 February 2021 17:19
Untitled Document

Anita Robertson van Bashewa:
Baie dankie vir ’n puik tydskrif wat van hoek tot kant gelees word.

Ek was op 23 Januarie by Rietvleidam en was aangenaam verras aangesien ek vir nege jaar net daar verby gery het op pad stad toe. 

Ons het van die publiek met groot geel sakke gekry wat besig was om die pom-poms uit te roei deur die saadknoppe af te knip. Dus spring die gemeenskap in om die onkruid te verwyder. Dit was goed om te sien.

Vir die voëlkyker is dit ’n paradys met ’n groot verskeidenheid. Die diere is nie skugter nie en ons het wonderlike foto’s geneem van ’n paar sebras wat water suip. ’n Bietjie verder aan het ons ’n sebra-vulletjie gekry wat ongesteld was. Ek het dadelik uit die motor die kantoor geskakel en gesê waar die arme diertjie is. 

Toe ons by die kantoorparkering kom, was die veldwagter juis op pad om te help. Dit het gevoel asof ek in die wildtuin is. Die besige ou Delmaspad pla glad nie. Daar is baie roetes om te ry. 

Die twee hekke in Damstraat is toe weens Covid en ons moes om ry na die boonste hek. Daar is ’n fooi aan verbonde om in te gaan, maar ek betaal dit met liefde as ek sien wat alles daar gebeur. Ek kan dit aanbeveel.

Daar is meer inligting oor die pom-pom- vegters in ’n berig op bl.11 – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger