Mooikloof-skoolhoof sterf weens Covid Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 22 January 2021 13:22
Untitled Document

Maragon Mooikloof se skoolhoof, die 56-jarige Chris Zaayman, is in die vroeë oggendure van
5 Januarie aan Covid-19 oorlede.

Die Zaayman-gesin was by die suidkus en het op 31 Desember terug gekeer. Vorige vise-hoof, Elsabé Bester, vertel dat Chris tekens van koors begin toon het op pad terug. Hy het die dag toe hulle by die huis kom ’n dokter gaan sien en is die volgende dag in die Pretoria Oos-hospitaal opgeneem. Twee dae later is hy na die intensiewe sorgeenheid oorgeplaas.

Elsabé en het sedert 2011 saam met Chris gewerk en sê dat hy die kaptein van die skool se skip was. Sy sê hy was ’n legende en was geliefd deur die kinders, onderwysers en die bestuur.


Chris Zaayman
Foto: Facebook

“Hy het ’n wonderlike werkatmosfeer geskep en het almal laat welkom voel. Daar is nie woorde om die gaping wat hy as leier nalaat te beskryf nie. Hy gaan erg gemis word,” sê sy.

Chris laat sy vrou, Madeleine, en sy twee dogters, Madele en Carmi, agter. Sy oudste dogter is as hoofmeisie vir 2021 by Maragon Mooikloof gekies.

Die onderwysvakbond SAOU het in die eerste week van Januarie berig dat 1 659 opvoeders reeds weens Covid-19 gesterf het.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger