Die Pereiras vier Kersfees dekades lank al só Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 22 January 2021 13:19
Untitled Document

In Desember was daar weer ’n skouspel van Kersliggies rondom die Pereira’s se dubbelverdiepinghuis op die hoek van Prinsloo- en Noordstraat op Rayton.


Plaveisel weerspieël die veelkleurige liggies
Foto’s: Emma Koekemoer

David Pereira verskaf al meer as 30 jaar só ’n skouspel. David, die eienaar van Jala-kafee by die Jan Ellis-sentrum op Kaalfontein, sê hy geniet dit as die kinders na die liggies kom kyk.


’n Wonderwêreld van Kersliggies
.

Die Pereira’s se dubbelverdiepinghuis op die hoek van Prinsloo- en Noordstraat in Rayton

Hy sê dat hy die liggies opsit as lofbetuiging vir seën ontvang deur die jaar. Hy sê ook dankie aan elke klant wat hom so getrou ondersteun.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger