Hulle waag om die liefde te wys Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 22 January 2021 13:17
Untitled Document

Lede van Dare to Love bid in die parkeerterreine voor verskeie hospitale dwarsoor Pretoria vir spervuur-werkers, wat daagliks met Covid-19 te doen kry. In die eerste week van Januarie het hulle ook voor hospitale vir gesondheidswerkers gedans en sing.


Dare to Love se mense bid in die parkeerterreine voor hospitale
Foto: Eliot Mahlase

“Sedert die tweede golf van die virus begin het, het honderde mense by ons aangesluit om liefde en ondersteuning te stuur aan dokters, verpleegsters, alle gesondheidswerkers en pasiënte,” het medestigter van dié Pretoriase inisiatief, Daryl Hardy gesê.


Lede van Dare to Love dans voor hospitale
Foto: Skermgreep uit video

In ‘Hulle waag dit om lief te wees’ het ons verlede jaar in November berig dat ‘Dare to Love’ die Garsfonteinse Polisiestasie besoek het om vir die veiligheid van dié spervuur-werkers te bid, asook vir hulle gesinne en die gemeenskap wat hulle dien.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger