In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Auron Gerber het gekyk hoe Scaffy die sonsondergang op ’n wildsplaas in die
Rietfontein-gebied geniet
Dié grootkoningriethaan is deur Roelof Jonkers by Boardwalk Estate in die Faerie Glen
omgewing afgeneem
Die 13-jarige Louis Grobler van Donkerhoek het gesien hoe dié padda uit die grond uitkruip
Dié rooivink lyk skoon selfvoldaan waar hy breëbors op sy takkie sit
Foto: Albert Bester
Elaine Groenewald Hope sê as hy blom, weet ’n mens Kersfees kom nader
Altie Potgieter het die sonsondergang op Boekenhoutskloof afgeneem pas nadat ’n goeie reënbui uitgesak het
Johann van der Linde van Rooikoppies se haan, Sebastiaan, het dadelik ’n ‘houding’ as hy sien hy gaan afgeneem word
Buks Barnard van Elandshoek het hierdie kapokkiekuiken aangeneem, nadat die ma die nes verlaat het voor die hoendertjie behoorlik uitgebroei het. Buks sê hy het eers getwyfel oor die dingetjie se geslag, maar gemeet aan die ooggrimering, lyk dit hom of dit ’n hennetjie kan wees
Die plant se naam is Lewesia Contylelon, maar hulle noem dit sommer Blommetjie, sê Eus de Clerk
Dié kleurvolle toneel is onlangs deur Emma Koekemoer in ’n plaastuin in die omgewing afgeneem
Dié treffende, dog hartseer foto van die treinspoor in Cullinan wat in onbruik verval het, is deur Roxanne Dehon geneem
Christine Kraamwinkel het dié witwanguil in hulle tuin voor die lens gekry. Haar ma, Martie, spog dat sy die flits vasgehou het
Johann van der Linde sê hulle het onverwags hierdie besoeker op die plaas Rooikoppies ontvang
’n Asembenewende sonsondergang in die gebied soos deur Laurika van der Linde afgeneem
Ronell van der Merwe het dié foto gestuur om te wys hoe groen die wêreld van Onbekend ná die reën was
Helena Naudé Potgieter sê die swaeltjies wat vanjaar weer by hulle op Tweedracht kom nesbou het, is blykbaar ’n erg musikale paartjie
Die bloukopkoggelmander, helder kop ten spyt, smelt saam met die boom se bas
Foto: Katherine Jade Burgess
Johan Pieterse sê dié broeiende kiewiet en sy/haar maat, wat op sy hoewe nesgemaak het, is sommer baie beskermend en aggressief
Liezel Yssel vra oor dié goudgeel varkoor: “Is dit nou nie mooi nie?”
Vroeg op die reënerige oggend van 22 November het Eus de Clerk dié merkwaardige foto in die omgewing geneem
Die Elandsrivier by Ekangala naby die Bronkhorstspruitpad ná Saterdagoggend 21 November se heerlike reën
Foto: Driekie Williams
Op 23 November was Mari Dreyer gereed om dié sonsopkoms oor Zwavelpoort vas te vang |