Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2020 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 04 December 2020 15:52
Untitled Document


’n Geloftefees word op 16 Desember vanaf 9.30 vm by Laerskool Witpoort in die Welbekend-distrik gehou. Neem jou eie kampstoel, gazebo en masker saam. Die skool is uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir navrae, bel Piet van der Merwe: 083-302-0565 of Sunette du Toit: 082-385-2737.

~*~


Armand Joubert en Elmé Churr doen ’n Queen en Abba-konsert op Sondag 20 Desember vanaf 12 uur by die Monte Dome, Monte de Dios in Achillesweg, Zwavelpoort. Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by Tixsa: https://tickets.tixsa.co.za. Daar is genoeg ruimte op dié plot om binne die Covid-19 regulasies te bly.

~*~


Die Pretoria Produkte Kersmark word op Sondag 6 Desember van 12 uur tot 6 nm by Mooikrans, 15a Midaslaan, Olympus gehou. Benewens ’n verskeidenheid uitstallers, gaan musikante optree, jy kan piekniek op die groot grasperke hou en daar gaan heerlike kos en ’n jenewer-kroeg wees. Toegang is R15 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 18 jaar, maar almal moet maskers dra. Skakel 076-339-5752, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.mooikrans.com.

~*~


A GoSport mountain bike night ride and trail run series is held at Hazeldean Valley Trails, corner of Ridge Road and Oukraal Boulevard, on 18 December from 6 pm to 8 pm. There is unlimited access to all trails for a fun and self-determined trail run or mountain bike ride. Social run or ride – choose your own path, your own distance. The routes are relatively flat, yet interesting and well worthwhile and now you have the opportunity to roam free. Entry is R80 and includes access to all trails from
6 pm to 11 pm as well as a Boerie roll with a beer or cool drink. Lights and reflectors are required. Enter online at www.bouttime.co.za or RSVP via WhatsApp to 082-453-0096. Send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Phone the Cowhouse market, Hazeldean at 082-453-0096.

~*~


‘Kersstories met Jannie en Corlea’ word op 18 Desember om 8 nm by die Atterbury-teater opgevoer. Met ’n groot verskeidenheid gewyde asook populêre musiek, met pêrels poësie en stories tussen in, gaan Corlea en Jannie die gehoor die vreugde van Kersfees opnuut laat ervaar. Jannie, wat al verhoë gedeel het met die legendariese Pavarotti en wêreldklas-soprane soos Marieta Napier en Mimi Coertze, beskou Corlea as die beste in haar genre in Suid-Afrika. Kaartjies kos R200. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951.

~*~


Mark Rose-Christie’s “Mystery Ghost Jaunt” will run on 5 December in Cullinan with an array of stories; poltergeist tales; exotic and haunted buildings; dowsing rods audience participation; an old abandoned hospital (mortuary included); and the Lantern Lady (who is guaranteed to appear at the old railway station). You will even download ghost hunting apps onto your cell phone. The jaunt begins at St George’s Church and ends at the historical cemetery. All details, price and bookings are at www.MysteryGhostProductions.co.za.

~*~


Het jy gewonder wat om in hierdie Covid-tyd op Oujaarsaand te doen? ’n Oujaarsdans word op
31 Desember by Die Boskombuis gehou. Etes is beskikbaar. Die Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Bespreek by Renee: 083-485-2529 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Vanjaar is daar baie beperkte toegang tot die Geloftefees op 16 Desember by die Voortrekkermonument. Slegs 250 mense kan binne wees en 500 buite. Elke jaar op 
16 Desember skyn die son om twaalfuur in die middel van die senotaaf. Bokant die heldesaal is ’n koepel met ’n opening waardeur die son skyn. Die senotaaf is slegs ’n simboliese graf, wat die rusplek van Piet Retief en al die Voortrekkers wat in die Groot Trek gesterf het, voorstel. Skakel 012-326-6770 of 012-323-0682 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Gilda Swanepoel se EenBlond Tours doen deesdae naweektoere na Cullinan wat ’n viergang maal deur Lientjie Wessels van Kokkedoor-faam insluit en ’n staptog saam met die Bronnie se Angie Kleijn om ongewone feite oor die dorpie se geskiedenis te hoor. Gaste slaap oor by die geskiedkundige Cullinan Premier Hotel. Dit is moontlik om te reël om net die middagete of net die staptoer te doen. Vir meer inligting WhatsApp Gilda by 082-472-6414 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Anglo-Boere-oorlog slagveldtoergids, Rob Milne, wat onlangs op ‘Die Siener’ se kykNET-program te siene was, doen toere na die Diamond Hill-slagveld op Kleinfontein. Dit sluit ’n besoek aan die militêre begraafplaas, ’n piekniek-middagete by die lapa langs die begraafplaas en ’n staptog op die slagveld in. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 072-600-0406 of praat met Rob self by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of 076-792-8107.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger