In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Johan Pieterse het dié uitspattige veldblom in die veld op sy hoewe afgeneem en dit “fire lily” genoem. Die plant is redelik volop in Boschkop se rantwêreld en Zwavelpoort se Bronberg en die voetheuwels daarvan. Dit word ook die rooikwas, poeierkwas en bloedblom genoem

Dié ongewone verskynsel van ’n bruin huisslang wat sy lyf luislang hou om ’n akkedis buit te maak, het Albert Bester onlangs by sy huis in Rayton raakgeloop. Albert het die hele spulletjie toe maar veld toe verskuif

Gene de Lange het dié swartkeelgeelvink in sy volle vryerspak op hulle stoep in Shere afgeneem waar dié saadvreter platvoets op ’n peer sit

’n Harde neerslag het ’n nommerpas plaspoel in ’n plaaspad vir ’n spannetjie kinders van die omgewing verskaf
Foto: Emma Koekemoer

Vir haar was dié boom wat geleidelik sy somerklere van ligbruin na groen verander net te mooi om nie af te neem nie, sê Altie Potgieter

Johann van der Linde het dié kranige geelvink-bouer afgeneem terwyl hy besig met sy nes op Rooikoppies was. Die volgende dag was die meesterstuk voltooi en het die vinkvryer vermakerig al om die nes gedans

Groot was haar vreugde toe dié toneel haar een oggend vroeg in haar kweekhuis begroet, sê Helena Naudé Potgieter van Tweedracht

`Alet Erasmus het die sonsondergang oor die Boschkopvallei uit ’n ander hoek gesien en afgeneem

’n Mooi sonsopkoms op ’n mooi lappie aarde in die Dinokeng-gebied, soos gesien deur die lens van Altie Potgieter

Sou ’n mens dié drie pasuitgebroeide voëltjiekuikens wat Albert Bester afgeneem het, Jantjie Frikkies kon noem?

Laurika van der Linde sê die plaas maak soms heel wat sielkundige woorde nie kan nie

Vol in die blom . . . Emma Koekemoer het dié foto by Harmonie Proteas geneem

’n Besige bytjie afgeneem deur Albert Bester in sy lappie agapanthus-blomme

Die son sak oor Bronbergland. Elaine Groenewald Hope het die foto geneem

Die rustige toneel is deur Ronell van der Merwe in die Dinokeng-reservaat afgeneem

Nadine Bennet het ’n ruitertjie wat die perd bloots deur sy passies sit by haar ruiteryskool op Tierpoort afgeneem
|