Vind gesneuweldes hier Print E-mail
News - Toeka se dae
Saturday, 14 November 2020 08:20
Untitled Document

Oorlog-gedenktekens en begraafplase word beskou as permanente nagedagtes aan diegene wat die grootste opofferings in diens van hulle land gemaak het. Een van dié is Thaba Tshwane Nuwe Begraafplaas in Pretoria, wat deur die Statebond Oorlogsgrafte Kommissie onderhou word.

Dié kommissie onderhou 21 418 Suid-Afrikaanse grafte in ons land en in plekke so ver as Europa en die Verre Ooste en hulle hou aan soek na die name van soldate wat in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog as ‘vermis’ aangegee is.


Die Thaba Tshwane Nuwe Begraafplaas in Pretoria
Foto: CWGC

Mense wat na familielede wat in dié oorloë dood is se grafte soek, kan www.cwgc.org besoek om rekords na te gaan. Daar is ook ‘n lys van 295 name wat op die grafstene of gedenktekens by Thaba Tshwane voorkom. Besoekers is welkom by dié perseel, voorheen bekend as Voortrekkerhoogte en voor dit as Roberts Heights.

 

© 2024 Die/The Bronberger