Junior entrepreneurs kan pryse wen Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 14 November 2020 08:13
Untitled Document

Die sluitingsdatum vir inskrywings in die Kragkidz Junior Entrepreneurskompetisie is 20 November. Dié kompetisie bied ’n informele platform waar kinders hulle entrepreneuriese vernuf kan toets en hulle sakgeld kan aanvul.

By KragDag 2019 het junior entrepreneurs die kans gehad om hulle idees en produkte aan 21 400 mense bekend te stel. Die kompetisie is in samewerking met Fergus Ferguson van FergusMor ActionCoach, wat ‘n mentorskapprogram aanbied, Helpende Hand en Pretoria FM.


Verlede jaar se Junior Entrepreneurs-kompetisiespan
Foto: KragDag

Kinders kan in twee afdelings inskryf: ‘Doelgerig’ vir kinders tussen die ouderdom van 13 en 21 jaar, waar die eerste prys R10 000 is. ‘Voete Natmaak’ is hoofsaaklik gerig op jonger kinders tot 13 jaar en die eerste prys is R4 000.

’n Toeligtingsessie vir deelnemers is via Zoom om 11 vm op 14 November. Alle besigheidsvraelyste moet op 20 November ingehandig wees en kinders kry die kans om hulle eie onderneming van 3 tot 5 Desember by die Sakeliga KragDag-ekspo te bedryf.

Voltooi ‘n aansoekvorm aanlyn by www.kragdag.co.za.

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger