Inwoner loop hom vas teen raai-raai-rommel Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 14 November 2020 08:12
Untitled Document

Eus de Clerk van Cullinan voer ‘n ewigdurende stryd teen die rommel in die dorp. Hy het sy korrespondensie met die ‘amptelike kanale’ oor dié kwessie met Die Bronberger gedeel. Hierdie is Eus se eie woorde en foto’s:

Om 08:44 op 25 September het ek die volgende e-pos aan Ntombizodwa M Mhlathi en Martha M Magubane by Tshwane se rommelverwyderingsdepartement, Streek Vyf gestuur:

“I wish to bring to your attention a matter which is of great concern to us, as residents of the town of Cullinan. The skips across the road from Tops, in Cullinan, are infrequently emptied. Once the skips are full, people simply dump their rubbish on the ground near the bins.”



Foto geneem op 25 September

“The garbage bins are often set alight, causing air pollution, and pose a serious health risk to the public who buy food from the vendors, who prepare and sell the food within the immediate vicinity
(± 20 meters) of these skips.”

“As you are aware, Cullinan is highly dependent and reliant on the tourist trade. Having these unsightly, smelly, unhygienic, germ-infested containers placed right in the middle of our town, is completely unacceptable.”

“I therefore kindly request that you assist us in resolving this matter. Please feel free to contact me at any time if I may be of help.”

Om 10:52 stuur Ntombizodwa M Mhlathi dié veelseggende e-pos aan Martha M Magubane en Andre van der Horst: “Please attend.”


Foto geneem op 10 Oktober

Om 15:51 stuur Andre (hy is die ‘Acting Functional Head Environment and Agriculture Management Bulk Service’) die volgende e-pos aan my en Izabel Ferreira: “Hi, Isabel. Please arrange that job cards are created so these skips can be emptied weekly.”

Ek skrik my kwas af en antwoord om 16:02: “Dear Andre van der Horst, thank you so much for your prompt response. We are indebted to you and your team.”

En toe, soos hulle altyd gesê het aan die einde van die Disney ‘comics’: “That’s all Folks!”
Niks, maar nie ‘n verdere woord, van die Tshwane-munisipaliteit nie. Teen 10 Oktober het die vullis teen dieselfde tempo as Jannie se Boontjierank gegroei.

Baie dankie aan al Tshwane se rolspelers – plaaslik bekend as “steak holders”. Dit was nou regtig opwindend om saam met julle deel te neem aan hierdie speletjie wat op Engels bekend staan as “Passing the buck”. Julle is waarlik meesters daarvan.”

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger