Onbekwaam en onbevoeg Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 14 November 2020 07:56
Untitled Document

Gert van Tonder van Kleinfontein:
Ek lees nou in die September-uitgawe “I’m not a drinking man”. Wat die maat hier skryf kan ek meer as bevestig van Bronkhorstspruit. Ek het in November 2019 my toetse geslaag en moes ses weke later my lisensie gaan haal. Toe is dit Desember en die kantore is gesluit.

In Januarie 2020 wag ek nog ses weke, toe word daar weer foto’s geneem en ek wag nog ses weke. Toe is dit die sogenaamde grendel indoktrinasie staat. Die kantore open eers in Augustus en weer word foto’s geneem. Ek moes dié keer agt weke wag.

Ek het vorige kere gevra hulle moet hulle name en telefoonnommers op my papier skryf, wat baie onwillig gedoen is. Die laaste keer vat ek toe maar hulle stempel en stempel self my papier.

Dis onnodig om te meld van die tyd wat jy in die ry staan en die vermoë van die personeel. My leraar het gister ure in ‘n tou gestaan vir die hernuwing van sy lisensie in die stad, nie eers in Bronkhorstspruit nie.

Ek wil graag hê ‘n verkeersbeampte of polisieman moet my beboet omdat ek sonder ‘n lisensie my motor bestuur. Waar kan ek om hulp aanklop? Hulle is absoluut onbekwaam en onbevoeg om die werk te doen!

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger