Lyk sleg Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 14 November 2020 07:55
Untitled Document

Esmé Pieterse van Zwavelpoort:
Die skrootwerf in Grahamweg langs Woes Lekker is darem nou ’n seer oog. Skroot en ou bande is opgehoop tot teen mure. Wonder wie besit die eiendom en is daar nie ’n beter opsie vir ’n besigheid nie? Lyk regtig sleg daar. Is dit net my persepsie?


Die skrootwerf

Louis Venter, eienaar van die skrootwerf, antwoord:
Ek is die eienaar van die skrootwerf. Ons is bewus van die probleem wat al ‘n paar maande teenwoordig is.

Ons het sowat ’n jaar gelede oorgevat en dit toe al geïdentifiseer as ’n prioriteit. Ons het baie teenstand gekry vanaf die onwettige plakkers en tavernes wat daar langsaan en agter ons bestuur word, wat ons verhoed om hoë mure uit te bou, om voorkoms te verbeter en sodat die skroot nie van die straat-front af sigbaar is nie.

Ons is daadwerklik besig en sal teen Desember die probleem reg hê en dit baie netjies laat lyk. Daar is lopende hofbevele volgens my kennis om plakkers te verwyder, maar ongelukkig het die inperking gekeer om die mense te skuif.

Soos die foto wys het ons ’n "breakdown" vanaf gisteraand, wat ons verhoed om enigsins iets in of uit te kry. My mense is besig om te herstel sodat alles voor die perseel verwyder kan word.
Ek vra groot om verskoning vir die ongelukkigheid en kan mense verseker dat daar, soos genoem, daadwerklik iets gedoen gaan word en dat die voorkoms aansienlik sal verbeter teen Desember.

Ek vra net vir nog ’n klein bietjie geduld. Enige verdere kwessies of ongelukkighede kan direk aan my gerapporteer of gerig word en ek sal seker maak daar word aandag aan gegee. 
Kontak my by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Brief verkort. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger