Bronnie via e-pos Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 14 November 2020 07:55
Untitled Document

Erné Smal van Mooikloof:
Ek voel nou soos mosterd na die maal. Het so pas die Oktober-uitgawe gekry en almal daarin is gaande oor hulle September e-pos Bronnie. Ek het die September-uitgawe nog nie te siene gekry nie en hoe moet ek te werk gaan om dit ook met e-pos te kry? Help asseblief. Ek lees die Bronnie al van September 2002.

Ons het Erné se naam op ons databasis gesit van mense wat hulle Bronnies elke maand per e-pos ontvang. As jy dit so wil ontvang, stuur ‘n e-pos met jou naam na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . As jy dit per WhatsApp wil ontvang, stuur jou naam na 083-959-1016. Jy kan die elektroniese Bronnie op ons webtuiste, www.bronberger.co.za, aflaai by die ‘Aflaai’ afdeling, heel onder aan die linkerkantse kieslys. Indien jy net deur die Bronnie wil blaai, besoek ons ‘Blaai deur die Bronnie’ afdeling tweede van bo af op die kieslys. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger