Vroegoggend besoek Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 14 November 2020 07:54
Untitled Document

Antoinetta Maria Hoogendoorn van Equestria:
Ek het om 05:00 gesit met my dagbreek-koffietjie, toe ek ’n plofgeluid hoor en die nagapie gewaar bo-op my gordynkap. Ek het tjoepstil gesit en gekyk hoe hy op alle kaste, skilderye en gordynkappe rondgespring het.

Het jy geweet dat hulle nie hardloop nie, maar hop soos ’n kangaroe? Hy was omtrent 10 minute in my huis (Aftree-oord De Meerpaal, Equestria) en het net so spoorloos verdwyn as wat hy gekom het. Geen gemors, niks stukkend nie, niks omgestamp nie, net plesier.


Die nagapie bo-op Antoinetta se kas

Daar is so vyf of ses van hulle wat saans laat op my agterstoep speel; enetjie het ook al op ’n koue dag probeer inkom by die "louvers" van my badkamer. Sy storie het ook verskyn in ons maandelikse ‘Bulletin’ waarvoor ek skryf.

Met vriendelike groete aan al die medewerkers van julle wonderlike tydskrif.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger