Leserslens Oktober 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 16 October 2020 12:44
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Wie het gesê bokke is viervoetige diere? Daleen Small van Tweedracht het dié twee se manewales afgeneem


Driekie Williams het dié ‘vreetsame’ toneeltjie langs die Elandsrivier afgeneem


Die Kaapse glasogie sit aan vir ’n ordentlike maaltyd in Shere
Foto: Gene de Lange


Die litrose by Du Plooy Melkery op Kaalfontein was uitspattig aan’t blom, toe Gertie Stofberg die foto geneem het


“Spring has sprung” het Roxanne Dehon gesê oor dié foto wat sy van veldblomme geneem het 


Die draai van die seisoen bring nuwe groen doringboomblare vir die inwoners van ’n wildsplaas in die gebied om aan te smul
Foto: Emma Koekemoer


Laurika van der Linde het dié op-en-wakker bruinkopvisvanger in Rayton raakgeloop


As die eerste reëns van die seisoen ’n moedswillige koue met hom saambring, kan jy gelukkig jou saamdrajas inspan, as jou naam Jan Frederik is. Albert Bester het die foto geneem


“Bo-uit nog ’n winter-blaarlose dikbas, het twee nuwe lente lewetjies skugter vir my vanuit die nessie geloer waar ek hulle hier van onderaf gefotografeer het,” sê Carel Breytenbach van Kleinfontein


Op 4 Oktober het die wolke soos watte of ‘spookasem’ oor ’n wye gebied gehang, sê Ronelle van der Merwe. Sy het dié foto op Welbekend geneem

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2020 Die/The Bronberger