Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2020 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 16 October 2020 12:42
Untitled Document


Die Nickel Kersmark vier sy 20ste verjaardag! Die mark is van 26 November tot 5 Desember van
9 vm tot 6 nm. Nickel Kersmark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ‘n afdeling van Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) op Zwavelpoort, en dien as ‘n platform om produkte, wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word, ten toon te stel. Dié jaarlikse mark is ‘n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en daar is vanjaar meer as 200 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte en ‘n restourant. Die adres is plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-940-0221 of stuur ‘n e-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


KragDag is van 3 tot 5 Desember van 9 vm tot 4 nm. Deur interaktiewe uitstallings, produkdemonstrasies en opvoedkundige lesings en aanbiedings het besoekers die geleentheid om inligting te bekom, selfbehoudoplossings beter te verstaan en beter toegerus te word om die regte besluite te neem. Daar is ‘n opvoedkundige sub-ekspo en landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA. Hekgeld is R100 per volwassene (kinders tot 18 gaan gratis in), maar deur vooraf te registreer kry jy 100% afslag. Vanjaar maak Sakeliga KragDag voorsiening vir 450 uitstallers op die 4,6 hektaar ekspo terrein. Die ekspo is by Diamantvallei Landgoed. Skakel 087-231-1644.

~*~


Daar word elke naweek vanaf 26 September van 10 vm tot 5.30 nm ‘n varsprodukte mark by die Proteafees-terrein aangebied. Dié nuwe mark staan as Oppi- Plaas bekend. Besoek www.oppi-plaas.online en as jy wil uitstal, bespreek jou plek by rochelle@oppi-plaas.online. Die goeie nuus van die afskuif na vlak een van Covid-19 regulasies is dat 500 mense nou die 12 000 vkm strand-gebied op die perseel mag besoek en konserte gaan daar gehou word. Bespreek jou kaartjie by www.oppistrand.co.za. Die mark en strand is by Legends MX, Rhino Park, op die R515, Rhenosterfontein.

~*~


Wapadrand Familiemark bied ‘n verskeidenheid handwerk en koskraampies oor naweke met kunstenaars wat elke maandeinde optree. Die mark is by Ou Klip oorkant The Grove-koopsentrum, langs die Neuskliniek in Lynnwoodweg. Besoek hulle op Facebook.

~*~


Vaalbank Kontreimark is terug op plot 54, Vaalbank, langs Wet Nose op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Die mark word op Saterdae van 9 vm tot 2 nm deur Karen Compion aangebied en besoekers kan uitsien na vars produkte, perderitte, juwele, beskuit, handgemaakte goedjies, klere, kuns, handwerk en koskraampies. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

~*~


Kimiad Mark is weer elke Saterdag van 8 vm tot 2 nm oop in Wekkerstraat 125, Moreletapark. Daar is vars produkte, volop te ete en drinke, kuns en handwerk. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Mystery Ghost Jaunt will run from 5 pm to 10 pm on Halloween, 31 October, in Cullinan, starting at St George’s Church in Oak Avenue. Tickets cost R400. Book at www.MysteryGhostProductions.co.za. 

~*~


Die amptelike opening van ‘n splinternuwe Zwavelpoortse mark, Market at the Beach, is op Sondag 18 Oktober van 8 vm tot 2 nm waar die Boschkoppad by Lynnwoodweg-verlenging aansluit. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die groeiseisoen het begin en pitte vir volgende jaar Maart se Goliat van Gat-kompetisie is nou teen R50 per pakkie van vier pitte beskikbaar. Goliat van Gat Pampoenfees is ’n jaarlikse instelling waar die grootste, lelikste en mooiste pampoene pryse wen. Skakel TLU SA Silverton by 012-804-8031 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel Henri Combrink by: 082-552-9428 of stuur vir hom ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Cowhouse-mark in Hazeldean Valley het op 19 September weer oopgemaak. Hulle is op Saterdae en Sondae oop van 9 vm tot 4 nm. Die mark is op die hoek van Ridgeweg en Oukraal Boulevard. Skakel 067-186-8767 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die nuwe Bapsfontein varsprodukte mark is elke eerste en laaste Saterdag van die maand van 9 vm tot 1 nm oop. Die mark is 1 km vanaf die drierigting stop op die R50. Bel Charlene by 082-892-4304.

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2020 Die/The Bronberger