Vreethans van Heerden
en Metgesel besoek kuierplekke
in die Bronberggebied
ongenooid en betaal
self vir dit wat hulle
geniet, of dalk nie geniet
nie
Dinge is deesdae behoorlik aan
die roer by Rafters Pub & Grill
op die B-House-perseel langs
Garstfonteinweg-verlenging. En die
afgelope Julie het ek en Metgesel ’n
slag of drie meedoënloos loop meedoen
aan dié geroerdery.
Elke Saterdag hou hulle byvoorbeeld
nou ’n kosmark op die ruim
perseel neffens Rafters. Ons sit op
die eerste markdag af soontoe om
dinge te loop bekyk. Netjies, onder
skadudoek is ’n aantal uitstallers
ingerig. ’n Verskeidenheid kosprodukte
van uiteenlopende aard word
te koop aangebied. In die groentetent
word fluks sake gedoen.
Zack du Plessis by Rafters saam
met Christa van der Merwe en
Cobus Louw
Daar is
vakuumverpakte vleise, ’n kaaskraampie,
’n wyntafel, groot- en
klein gebak, gebottelde konserf,
tuisgemaakte vleispasteie, Italiaanse
geregte en verskeie ander voorafbereide
kosse om van te kies.
Eenkant baljaar kleingoed op ’n
reuse-klimraam of staan ongeduldig
en wag vir hulle beurt op ’n ponierit.
Op die boonste dek van Rafters
maak ’n kêrel lekker lewendige
musiek. Dis terloops die einste dek
en plek waar Pretoria se Harley
Davidson-klub deesdae bymekaarkom.
Ons het lekker en lank geloop en
koop met die oë en met die beursie
ook. Wildspasteitjies in netjiese
keramiekbakkies, tradisionele bobotie
en hoender-al-la-koning om by
die huis te gaan opwarm, pampoenkoekies
en ’n emmertjie van die
lekkerste melkkos wat ek nog geproe
het, is onder meer in ons koopsakkies.
Ek kan berig dat alles uit die
boonste gestoeltes was en uiters
genadiglik op die geldsak.
Springbokkaptein Wynand
Claassen knoop ?n praatjie met
besoekers aan
’n Gemoedelike atmosfeer heers op
Rafters se groot kuierstoep waar
markgangers onder geel staandakkies
van seil sit en gesels en
koffie of iets kouers geniet. Eddie
Williamson, Rafters se eienaar,
staan bont agter ’n braaier waar hy
doenig is om die boerewors vir
Rafters se baie gewilde voetlange
worsrolle gereed te maak. Ander
ouens bestel T-bene of rumps en is
duidelik in hulle noppies met die
eindproduk.
Omdat ons plek wil los vir die aand
se groot eet aan ons kosmarkaankopies,
bestel ek en Metgesel net
geroosterde broodjies van kaas en
tamatie. Die broodjies is smaaklik.
Net reg, besluit ons.
Voortaan gaan Rafters ook maandeliks
op ’n Vrydag ’n middagete hou
waar ’n bekende persoonlikheid
genooi word om informeel met etegangers
te gesels en hulle vrae te
beantwoord. Só was dit die bekende
akteur, Zack du Plessis, se beurt
op die laaste Vrydag van verlede
maand.
Faan Smuts van Bronberg Lodge
en Ewoud Malan, Noord
Transvaal en Springbok-haker,
geniet ?n grappie
Die groot kuiervertrek, met ’n baie
groot TV-skerm vir sportkyk, was
behoorlik gepak toe die tyd vir Zack
se praatjie aanbreek. Opvallend was
die aantal oud-rugbyspelers teenwoordig.
Jy kon regtig ’n volle span
van oud-Springbokke en gewese
provinsiale spelers in die veld stoot,
sou jy wou.
Ou Zack het lekker gesels, die
mense het lekker gekuier en veral
lekker geëet. Rafters het agterkwarte
van hoender tot bykanse
perfeksie gebraai en dit saam met
broekaartappels, broodjies en ’n
ordentlike mengelslaai voorgesit. Ek
is nie seker of dié braaihoender op
die spyskaart is nie, maar as dit nie
is nie, behoort dit te wees. Kaartjies
vir die kuier- en eetmiddag is teen
net R100 verkoop.
As jy meer oor die kosmark, die
kuier-en-klets op Vrydae of oor
Rafters wil weet, bel vir Gert van der
Walt by 083-302-1076.
Ponieritte en ?n reuse speelraam
hou die kleingoed besig op Rafters
se kosmark. Genoeg veilige parkeerplek
is beskikbaar
|