Gemeenskap veg verbete teen brand Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 16 October 2020 12:38
Untitled Document

’n Verwoestende brand het op 29 September ’n groot gedeelte van Zwavelpoort in puin gelê voor inwoners, lede van ’n sekuriteit-onderneming en van die Mooiplaats-Zwavelpoort-Tierpoort (MZT) gemeenskapsorganisasie saam met Zwavelpoort-sektorbrandweer dit ná ure se gespook onder beheer kon bring.


Dié kaart, verskaf deur Shandy Venter, dui al die Zwavelpoortse hoewes aan wat deur
die brand geraak is

Die veldbrand het op hoewe 140, vermoedelik weens ’n sigaretstompie, begin. Dit is teen 11 vm aangemeld en het deur sterk wind vinnig in die gebied versprei. Mense van die onderneming,
Echo 1, was gou op die toneel.

Lede van MZT en inwoners van oral in die gebied het sonder ophou tot 5 nm saam met die Zwavelpoortse sektorbrandweer teen die veldbrand baklei. Later die aand het lede van Echo 1 gekeer dat opslagbrande weer verder versprei.


Die brand het oor ’n wye gebied van Zwavelpoort gewoed

Na verneem word is buitegeboue in puin gelê, maar geen woonhuise is beskadig nie. Trix van den Berg van MZT en Shandy Venter het die vuurvegters gekoördineer en Shandy, ook betrokke by die sektorbrandweer, het help keer dat die brand nie die Bronberg oorspoel nie.

Volgens Trix het baie mense uit die gebied en van elders opgedaag om te help en is hulle baie dankbaar hieroor.

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2020 Die/The Bronberger