Rare blou maan verrys Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 16 October 2020 12:36
Untitled Document

‘n Rare blou maan gaan op 31 Oktober, die datum waarop Halloween gevier word, verrys. Dit sal die eerste keer sedert 1944 wees wat ‘n blou maan dwarsoor die wêreld op dié datum gesien sal word. Dit sal eers weer in 2039 gebeur.

Die term ‘blou maan’ beteken nie dat die maan blou van kleur sal wees nie. Dit verwys eerder na iets baie raar, vandaar die Engelse gesegde “once in a blue moon”.


Die volmaan op 1 Oktober soos afgeneem deur Albert Bester 

Die term het twee interpretasies, waarvan die eerste die bekendste is: Dit is wanneer daar twee volmane in een kalendermaand val. Die tweede een is die blou maan. In Oktober was daar ‘n volmaan op 1 Oktober, wat deur die blou maan op 31 Oktober gevolg gaan word.

Daar is slegs sewe keer in 19 jaar 13 volmane ‘n jaar in plaas van die gewone 12.

Die tweede interpretasie van die term is ‘n seisoenale blou maan: Dit is die derde volmaan in ‘n sterrekundige seisoen, wat vier volmane in plaas van die gewone drie bevat. ‘n Sterrekundige seisoen is die tyd tussen die winter- of somersonstilstand en die dag- en nageweninge.

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2020 Die/The Bronberger