Brokkies welkome terugvoer Print E-mail
News - Briewe
Friday, 16 October 2020 12:32
Untitled Document

Hier is enkele kort uittreksels uit die baie welkome terugvoer van lesers en adverteerders oor die ‘dubbeldoor’ Bronnie se 18e verjaardag-uitgawe in September. Hy is ‘n ‘dubbeldoor’ omdat ons deesdae nie net ‘n glanspapier tydskrif druk nie, maar ook wyd elektronies versprei. – Red

Magda Nel van Ink Chief: Plaas asseblief weer my advertensie in Oktober. Die navrae was oorweldigend en ek het ‘n paar kliënte so opgebou.

John-Ernest Fogwell from DCC: I am truly in awe of how The Bronberger has made small, yet impactful changes, to their business and delivery model. All their changes were clearly motivated by addressing the real need of the community they service.

Hendrik Opperman van Witpoort: Dis vir my ook ‘n lied in die hart en ek gaan met opregte dankbaarheid dit aanlyn lees. Stuur asseblief altyd vir my elke maand se uitgawe.

Liezel Yssel van Nooitgedacht: Baie dankie! Dit is ’n verruklike uitgawe.

Laurette van der Vyver van Tweefontein: Baie dankie dat julle vir ons agt kunstenaars ‘n plekkie in die Bronnie-somerson gegun het! Met opregte waardering. En daar is met heimwee ook Robert Denton en Michael Combrink se gesigte . . . Ai, julle is kosbaar en beteken vir ons gemeenskap so baie!

Emma Koekemoer van Rayton: Baie dankie, dis lekker leesstof en soos altyd puik!

Paul Smith van Nieu Seeland: Dankie. Het die uitgawe baie geniet! Groete uit Nieu Seeland.

Eus de Clerk van Cullinan: Baie dankie! Geluk met julle 18de! Mag daar nog baie wees.

Katy Marais: Baie dankie vir my e-pos Bronnie. Ek geniet dit baie om hom te lees.

Tersia Venter from Faerie Glen: I love your magazine, Die Bronberger, especially your birthday edition.

Hennie Heymans van Queenswood: Baie geluk – skitterende uitgawe.

Rina Willemse van Erasmusrand: Baie geluk met die Bronnie se 18de verjaardag! Mag julle van krag tot krag gaan. Ek kyk nou uit vir julle mondigwording-uitgawe. Dankie vir die elektroniese uitgawe. Soos gewoonlik geniet ek dit baie!

Lenie Putter van Bronkhorstspruit: Baie dankie vir ’n pràgtige uitgawe van Die Bronberger. Dankie vir julle harde werk. Ons waardeer dit. Groete!

Martie Volschenk van Krugersdorp: Baie dankie aan die puik span vir die pragtige foto's en ’n uitstekende tydskrif! Iets om na uit te sien elke maand.

Susan Pretorius Roos van Rayton: Ek sien deesdae vreeslik uit na my elektroniese Bronnie.

Stienie Venter van Cullinan: Pragtige voorblad, net soos al die foto's wat julle plaas. Ons is met reg trots op ons eie Bronberger-tydskrif en sy span.

Liz Botes Tiedt van Lichtenburg: Dis deesdae altyd baie goeie nuus as ons hoor die Bronnie is op pad. Ek sien uit daarna! Sterkte met al die harde werk. 

Alida de Kock van Die Tuine: Baie dankie. Dit is weereens ’n pragtige uitgawe. Ek het so lekker gelees aan die elektroniese uitgawe. Dankie dat ek en Hans Lombaard ook onthou word. Daardie lasagne wat deur Hans vir Vreethans se Metgesel gemaak is, het ek en hy saam beplan. Ek onthou so goed toe hy gou huis toe gekom het en gevra het of ek ’n groente-lasagne resep het.

Louise Smith van Pretoria Noord: Ek moet my verjaarsdag Bronnie kry. Baie geluk ook met sy verjaarsdag . . . Doe zoo voort . .  O, ek kan nie wag om daai Bronnie vas te hou nie! Sal by al hierdie plekke ’n draai maak totdat ek hulle kry.

Louise het later laat weet: Het hom! Na die derde stop. By Lots of Pots. Amper moedeloos geraak. Jippie! Groot was my blydskap toe ek die tydskrif sien. Drie ekstra gevat en by die ouetehuis afgelaai. Hulle vra ook elke dag as ons daar verby stap.

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2020 Die/The Bronberger