Geweldig ontstellend Print E-mail
News - Briewe
Friday, 16 October 2020 12:31
Untitled Document

Heidi Pretorius van Tierpoort:

Op Saterdag, 5 September het sewe van Die Perdeplaas se ruiters op ’n veldrit gegaan op die Boschkop-grondpad. Dit is ’n aangename pad wat ons gereeld gebruik. 

Daardie oggend was egter anders . . . Die meisies, ouderdomme 11 tot 19, het met skok en misnoeë gearriveer. Hulle het op die pad, tussen die aarbeiplaas en T-aansluiting, perdebene ontdek wat geweldig grusaam is. Dit was net effens versteek in die gras.


Die perdebene

Ons het Highveld Horse Care Unit laat weet en hulle is besig met ’n ondersoek.

Dis ontstellend om te weet dat perde of gesteel word en onwettig geslag word of verkoop word met vernietigende gevolge. 

Ek stuur foto’s om perde-eienaars te waarsku en die gemeenskap te vra om sulke barbaarse gedrag stop te sit. 

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2020 Die/The Bronberger