Leserslens September 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Saturday, 19 September 2020 07:06
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Een van die baie foto's wat lesers van die uitsonderlike sonsondergang op 30 Augustus in die gebied aangestuur het, is hierdie een wat Henri Combrink op Nietever, Nooitgedacht geneem het


Ligvoets en trots stap dié lelkiewiet deur die wintergras van Rietvlei
Foto: Ronell van der Merwe


Eus de Clerk het dié jong duifie, wat nog sy geel donsvere dra, in die welkome sonkolletjies van ’n koue lente afgeneem


Reline Badenhorst het die volmaan op Nooitgedacht afgeneem


Ougras se rooi maak mooi by die rustige plaasdammetjie in die gebied
Foto: Emma Koekemoer


Die uitspattige rooi van ’n koraalboom se blomme staan uit teen die perfekte blou lug wat kenmerkend van laatwinter is
Foto: Eus de Clerk


Vanjaar se begin van die lente het bewolkte en koue weerstoestande met hom saam gebring
Foto: Laurika van der Linde


Kordaat en tjoepstil sit dié katlagter hoog in die takke waar Laurika van der Linde hom afgeneem het


Albert Bester het dié hadeda afgeneem waar die ou grootbek op prooi afpeil


Met die weiding wat skraps raak, word daar geduldig by die voerbak gewag. Die twee jongelinge se voer is natuurlik byderhand
Foto: Elize Maré Verwaaij


Ook op Bashewa het die vrugtebloeisels die kameras van ons lesers werk gegee
Foto: Gene de Lange


Dié treffende foto van ’n glas-ogie is deur Laurika van der Linde geneem


’n Rustige, landelike toneel soos gesien deur die lens van Emma Koekemoer


Die hele gebied het teen die einde van Augustus koue, bewolkte toestande ervaar. Johann van der Linde het dié foto op Rooikoppies geneem


Reuben Yssel het dié bloukopkoggelmander raakgeloop waar hy heerlik in die oggendsonnetjie bak


Enzo Pretorius by Danny die donkie, wat onlangs deur die Pretoriuse van Bashewa aangeneem is ná sy mense verhuis het
Foto: Giuliette Breytenbach


Anton Prinsloo sê hy sal dié foto, wat hy in die Rietvlei Natuurreservaat geneem het, as ’n tandarts se droom beskryf


Chamanda Prinsloo het op 30 Augustus die sonsondergang op Donkerhoek bewonder


Die akkedis hou Barbara Galanos dop, terwyl sy vetplante in sy stomphuis plant


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger