Jagluiperds terug in Rietvlei Print E-mail
News - Ons Omgewing
Saturday, 19 September 2020 07:03
Untitled Document

Rietvlei Natuurreservaat het weer die tuiste van jagluiperds geword. Die 18-maande-oue wyfie, Njozi, wat ‘drome’ in Swahili beteken, is op 27 Augustus daar vrygelaat. Sy gaan binnekort tydelik deur twee jong mannetjies vergesel word.

Vincent van der Merwe van Die Trust vir Bedreigde Spesies (EWT) het verduidelik dat twee jong jagluiperd-broers vanaf die Welgevonden Natuurreservaat in Limpopo na Rietvlei geskuif word om inteling in die Welgevonden-bevolking van sowat 20 jagluiperds te voorkom.

Die broers sal vir ses maande op Rietvlei woon sodat hulle kan aanpas voor hulle na ‘n reservaat buite Suid-Afrika geskuif word as deel van EWT se jagluiperd-uitbreidingsprojek, wat dié diere in ander lande hervestig.

Rietvlei is as tydelike vestiging gekies terwyl permitte vir hervestiging in Mosambiekse reservate verkry word. Die twee broers kan eers finaal hervestig word as die konvensie oor die handel in bedreigde fauna en flora (Cites) weer permitte kan uitreik. Dit sal eers op vlak een van inperking gedoen kan word, wat na raming in Februarie sal wees.


Njozi is in die Rietvlei Natuurreservaat vrygelaat
Foto: Garry Harris

Die broers sal aanvanklik vir drie weke in ‘n boma aangehou word om aan hulle nuwe omgewing gewoond te raak. Daarná gaan hulle in die 40 000 hektaar grootte reservaat vrygelaat word – ‘n groot genoeg ruimte om te verseker dat die jagluiperds fiks kan bly en hulle eie jagwerk kan doen.

Hulle hoef teen geen ander groot roofdiere in Rietvlei mee te ding nie en die reservaat het ‘n skenking van 250 blesbokke, springbokke, rooi hartebeeste, swart wildebeeste en sebras ontvang, wat sal verseker dat daar genoeg prooi vir die jagluiperds is.

Rietvlei was van 2003 tot 2013 die tuiste van jagluiperds. Twee mannetjies is in Maart 2003 na die reservaat geneem en hulle het altwee 15 jaar oud geword en is in 2012 en vroeg in 2013 aan ouderdom dood.

Daarná is ‘n nuwe groep jagluiperds van 2015 tot 2017 in die reservaat gevestig. Hulle het tot 14 jagluiperds aangeteel en is in 2018 na ander reservate geskuif.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger